Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 15:19-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Werklikwaar! Toe die perde van die farao, sy oorlogwaens en hulle bemanning deur die see wou gaan, het die Here die water van die see op hulle laat instort. Die Israeliete was reeds droogvoets deur die see toe dit gebeur het.

20. Mirjam was ’n vroulike profeet. Sy was Aäron se suster. Sy het ’n tamboeryn gevat en al die vroue het agter haar aan gedans terwyl hulle op tamboeryne slaan.

21. Mirjam het vir hulle voorgesing: “Sing vir die Here,want Hy is geweldig hoog.Perd en ruiter het Hy in die see gegooi.”

22. Moses het die volk toe weggelei van die Rietsee af. Hulle het na die Surwoestyn getrek. Drie dae lank het hulle deur die woestyn getrek en geen water gekry nie.

23. Toe hulle by die plek Mara kom, was daar uiteindelik water. Die water was egter brak en hulle kon dit nie drink nie. Dit is hoekom die plek Mara genoem is.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 15