Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 15:12-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. U het u regterhand uitgesteek, die aarde het u vyand ingesluk.

13. Hierdie volk wat U gered het, lei U met liefde.U sal hulle lei met u krag na die plek waar u Naam heers.

14. Die volke sal daarvan hoor en begin bewe;die kele van die inwoners van die land van die Filistyne gaan toetrek.

15. Die leiers van Edom raak lam van die skrik;die sterk manne van Moab se knieë klap teen mekaar;dié wat in Kanaän woon se moed sak in hulle skoene;

16. Verskrikking en vrees oorval hulleomdat U so sterk is.Hulle sal tjoepstil wees, Here, as u volk by hulle verbytrek,u volk wat U vir Uself gekoop het.

17. U sal hulle inbring en laat woonop die berg wat aan U behoort die plek wat U gekies het as woonplek, Here,die heiligdom wat U gemaak het met u eie hande, Here.

18. Die Here sal regeervir altyd, ja, altyd!

19. Werklikwaar! Toe die perde van die farao, sy oorlogwaens en hulle bemanning deur die see wou gaan, het die Here die water van die see op hulle laat instort. Die Israeliete was reeds droogvoets deur die see toe dit gebeur het.

20. Mirjam was ’n vroulike profeet. Sy was Aäron se suster. Sy het ’n tamboeryn gevat en al die vroue het agter haar aan gedans terwyl hulle op tamboeryne slaan.

21. Mirjam het vir hulle voorgesing: “Sing vir die Here,want Hy is geweldig hoog.Perd en ruiter het Hy in die see gegooi.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 15