Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 15:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Moses en die Israeliete het toe hierdie lied vir die Here gesing: Ek wil oor die Here sing, want Hy is geweldig groot;Hy het perd en oorlogwa in die see gesmyt.

2. My krag en my sterkte kom van die Here.Hy gee my die oorwinning.Hy is my God. Ek wil Hom loof.Hy was my voorouers se God. Ek wil sy Naam verhoog.

3. Die Here is ’n vegter;sy Naam is “Here”.

4. Die farao se oorlogwaens en weermaghet Hy in die see gegooi.Die dapperste van die farao se offisierehet in die Rietsee verdrink.

5. Massas water het oor hulle toegevou;hulle het soos ’n klip in die dieptes weggesink.

6. U regterhand, Here, is sterk.U regterhand, Here, verbrysel die vyand.

7. U is geweldig hoog. U verpletter hulle wat U probeer teenstaan.U woede bars los, U verwoes hulle soos vuur wat gras verbrand.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 15