Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 7:13-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Hy sal jou liefhê en jou seën en jou ’n groot nasie maak. Hy sal vir jou baie kinders gee en Hy sal jou land en jou diere vrugbaar maak. Wanneer jy aankom in die land wat Hy aan jou voorouers beloof het, sal jy groot oeste van graan, druiwe en olywe hê. Jy sal ook groot troppe beeste, skape en bokke hê.

14. Jy sal meer geseënd wees as al die volke van die aarde. Nie een van jou mans of vroue sal onvrugbaar wees nie en ook nie jou diere nie.

15. Die Here sal jou bewaar van alle siektes. Hy sal sorg dat die verskriklike siektes wat jy in Egipte geken het jou nie tref nie. Hy sal die siektes eerder op jou vyande laat neerkom!

16. “Vernietig al die nasies wat die Here jou God aan jou oorgee. Moenie hulle spaar nie en moenie hulle gode aanbid nie. As jy dit doen, sal dit vir jou ’n valstrik wees.

17. Miskien sal jy dink: ‘Hoe sal ons ooit hierdie nasies kan oorwin wat soveel sterker is as ons?’

18. Moenie vir hulle bang wees nie! Onthou net wat die Here jou God aan die farao en aan die hele Egipte gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 7