Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 7:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Wanneer die Here jou God jou inbring in die land waarheen jy op pad is om dit in besit te gaan neem, sal Hy baie nasies voor jou verdryf: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Hierdie sewe nasies is almal sterker as jy.

2. Wanneer die Here jou God hierdie nasies in jou hande oorgee en jy hulle oorwin, moet jy hulle heeltemal uitwis. Moenie ooreenkomste met hulle sluit nie en moenie hulle genadig wees nie.

3. Moenie met hulle ondertrou nie. Moenie toelaat dat jou dogters en seuns met hulle seuns en dogters trou nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 7