1. Moses het toe van die vlaktes van Moab teen Neboberg uitgeklim, na die punt van Pisgaberg toe, regoor Jerigo. Die Here het hom die land van Gilead tot by Dan laat sien,
2. die hele land van Naftali, die land van Efraim en Manasse en die hele land van Juda tot by die see in die weste;
3. die Negevwoestyn, die Jordaanvallei met Jerigo, die stad van palms, tot so ver as Soar.