Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33:26-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. “Daar is niemand soos die God van Israel nie. Hy ry deur die hemel om jou te help, oor die wolke in sy majesteit.

27. Die ewige God is jou skuilplek en onder jou is sy ewige arms. Hy verdryf die vyand voor jou uit. Hy beveel: ‘Vernietig hulle!’

28. Daarom sal Israel in veiligheid woon, en die voorspoedige Jakob in sekerheid, in ’n land van koring en wyn, waar dou van die hemel drup.

29. Geseënd is jy, Israel! Wie is nog soos jy, ’n volk deur die Here gered? Hy is die skild wat jou beskerm, jou magtige swaard!Jou vyande buig laag voor jou en op hulle offerplekke sal jy trap!”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 33