Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33:18-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Moses het die volgende gesê oor diestamme van Sebulon en Issaskar: “Mag Sebulon voorspoedig wees in al sy reise. Mag Issaskar voorspoedig wees in sy tente.

19. Hy roep volke op na die bergom daar die regte offers te bring. Hy sal voordeel trek uit die rykdom van die see en die versteekte skattevan die sand.”

20. Moses het die volgende oor die stamvan Gad gesê:“Geseënd is die een wat die grondgebied van Gad groter maak! Gad is daar soos ’n leeu, gereed om ’n arm of ’n kopaf te skeur.

21. Hy het die beste deel van die landvir hom gevat.’n Leiersaandeel is aan hom toegewys. Toe die leiers van die volk byeenkom, het hy die wil van die Hereuitgevoer, sy bepalings vir Israel gehoorsaam.”

22. Moses het die volgende oor die stamvan Dan gesê:“Dan is soos ’n jong leeu wat uit Basan spring.”

23. Moses het die volgende oor die stam van Naftali gesê:“Naftali, jy is begunstig en vol van die seën van die Here. Jy sal die see en die suide besit.”

24. Van die stam van Aser het Mosesgesê:“Mag Aser bo ander seuns geseënd wees. Mag hy in die guns wees van sy broers,mag hy sy voete met olie was.

25. Mag die slotte van jou poorte van yster en brons wees, mag jou krag soveel wees soos jou dae!”

26. “Daar is niemand soos die God van Israel nie. Hy ry deur die hemel om jou te help, oor die wolke in sy majesteit.

27. Die ewige God is jou skuilplek en onder jou is sy ewige arms. Hy verdryf die vyand voor jou uit. Hy beveel: ‘Vernietig hulle!’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 33