Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 27:8-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Op die afgewitte klippe moet jy die bepalings van die gebooie duidelik neerskryf.”

9. Moses en al die Levitiese priesters het toe die hele Israel soos volg toegespreek: “Israel, wees stil en luister! Vandag het jy die volk van die Here jou God geword.

10. Wees gehoorsaam aan die Here jou God en kom al hierdie opdragte en voorskrifte na wat ek vandag vir jou gee.”

11. Daardie selfde dag het Moses ook die volgende opdrag aan die volk gegee:

12. “Wanneer julle die Jordaanrivier oorsteek, moet die stamme van Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Josef en Benjamin op die Gerisimberg gaan staan om die volk te seën.

13. Die stamme van Ruben, Gad, Aser, Sebulon, Dan en Naftali moet op die Ebalberg gaan staan om ’n vloek uit te spreek.

14. Die Leviete moet dan hardop oor die hele volk Israel uitroep:

15. “‘Vervloek is elkeen wat ’n afgodsbeeld uitkerf of giet en dit in die geheim aanhou. Hierdie afgode is die werk van ambagsmense,hulle is afskuwelik vir die Here.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’

16. ‘Vervloek is elkeen wat sy pa of ma verag.’Dan moet die hele volk antwoord:‘Amen.’

17. ‘Vervloek is elkeen wat sy naaste se eiendom steel deur die grensbaken te verskuif.’ Dan moet die hele volk antwoord:‘Amen.’

18. ‘Vervloek is elkeenwat ’n blinde persoon laat verdwaal.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’

19. ‘Vervloek is elkeen wat onregverdig optreeteenoor vreemdelinge, weeskinders en weduwees.’ Dan moet die hele volk antwoord:‘Amen.’

20. ‘Vervloek is elkeen wat seksuele gemeenskap met die vrou van sy pa het, want hy het sy pa oneer aangedoen.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’

21. ‘Vervloek is elkeen wat seksuele gemeenskapmet ’n dier het.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’

22. ‘Vervloek is elkeen wat seksuele gemeenskap het met sy suster,of sy nou die dogter is van sy pa of ma.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’

23. ‘Vervloek is elkeen wat seksuele gemeenskap met sy skoonma het.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’

24. ‘Vervloek is elkeen wat iemand anders in die geheim doodmaak.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’

25. ‘Vervloek is elkeen wat omkoopgeld aanneem om iemand anders dood te maak.’ En die hele volk moet antwoord: ‘Amen.’

26. ‘Vervloek is elkeen wat hom nie hou by die voorwaardes van hierdie gebooie deur daaraan gehoorsaam te wees nie.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 27