Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 14:19-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. “Alle vlieënde insekte is onrein en mag nie geëet word nie,

20. maar alle rein voëls mag julle eet.

21. “Julle mag nie iets eet wat ’n natuurlike dood gesterf het nie. Julle mag dit vir ’n vreemdeling gee wat by julle woon. Julle mag dit ook aan ’n vreemdeling verkoop. Maar julle mag dit nie self eet nie, want julle is ’n volk wat afgesonder is vir die Here julle God. Julle mag nie ’n bokkie in sy ma se melk kook nie.”

22. “Jy moet ’n tiende van jou oes eenkant sit, een tiende van alles wat jy elke jaar oes.

23. Bring die tiende na die plek wat die Here jou God kies om sy Naam te eer en eet dit daar in sy teenwoordigheid. Hierdie reëling geld vir die tiendes van jou graan, wyn, olyfolie en die manlike eersgeborenes uit jou grootvee en kleinvee. Die doel van die tiendes is om jou te leer om altyd die Here jou God te eer.

24. Dit mag wees dat jy besonder geseën was, maar die plek waar die Here jou God gekies om sy Naam te eer, te ver van jou huis af is.

25. As dit so is, mag jy die tiende deel van jou oes en van jou diere verkoop en die geld neem na die plek wat die Here jou God kies.

26. Wanneer jy daar aankom, gebruik daardie geld om enigiets te koop wat jy wil: ’n bees, ’n skaap, wyn of bier. Jy en jou huishouding moet dan daar in die teenwoordigheid van die Here jou God feesvier.

27. Moenie die Leviete in jou gemeenskap vergeet nie, want hulle het geen erfdeel soos wat jy het nie.

28. “Aan die einde van elke derde jaar moet jy die tiende van die opbrengs van jou oes van daardie jaar na die naaste dorp bring en dit daar bêre.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 14