Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 14:12-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Die voëls wat julle nie mag eet nie, is: arende, lammervangers, aasvoëls,

13. swart-aasvoëls, verskillende valksoorte,

14. al die kraaisoorte,

15. volstruise, nagvalke, seemeeue, verskillende soorte roofvoëls,

16. die klein uile, groot uile, wituile,

17. pelikane, klein-aasvoëls, visvangers,

18. ooievaars, al die soorte reiers, die hoep-hoep en vlermuise.

19. “Alle vlieënde insekte is onrein en mag nie geëet word nie,

20. maar alle rein voëls mag julle eet.

21. “Julle mag nie iets eet wat ’n natuurlike dood gesterf het nie. Julle mag dit vir ’n vreemdeling gee wat by julle woon. Julle mag dit ook aan ’n vreemdeling verkoop. Maar julle mag dit nie self eet nie, want julle is ’n volk wat afgesonder is vir die Here julle God. Julle mag nie ’n bokkie in sy ma se melk kook nie.”

22. “Jy moet ’n tiende van jou oes eenkant sit, een tiende van alles wat jy elke jaar oes.

23. Bring die tiende na die plek wat die Here jou God kies om sy Naam te eer en eet dit daar in sy teenwoordigheid. Hierdie reëling geld vir die tiendes van jou graan, wyn, olyfolie en die manlike eersgeborenes uit jou grootvee en kleinvee. Die doel van die tiendes is om jou te leer om altyd die Here jou God te eer.

24. Dit mag wees dat jy besonder geseën was, maar die plek waar die Here jou God gekies om sy Naam te eer, te ver van jou huis af is.

25. As dit so is, mag jy die tiende deel van jou oes en van jou diere verkoop en die geld neem na die plek wat die Here jou God kies.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 14