Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 10:15-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Terwyl hy hierdie dinge vir my gesê het, het ek afgekyk grond toe. Ek kon niks sê nie.

16. Die een wat soos ’n mens lyk, het toe aan my lippe geraak. Ek het begin praat en vir die een wat voor my staan, gesê: “Meneer, die visioen het my ontstel. Ek is benoud. Ek is kragteloos.

17. Hoe kan Meneer se kneg nog met Meneer praat? Ek het nie die krag om regop te bly nie. Ek kan nie asem kry nie.”

18. Die een wat soos ’n mens lyk, het toe weer aan my geraak en my sterk gemaak.

19. “Moenie bang wees nie,” sê hy weer vir my. “God is lief vir jou. Wees rustig. Wees sterk.” Terwyl hy met my gepraat het, het ek sterk geword. Ek het vir hom gesê: “Meneer kan maar nou met my praat. Ek is sterk genoeg.”

20. Hy sê toe: “Weet jy waaroor ek na jou toe gekom het? Ek moet teruggaan om te gaan veg teen die aanvoerder van die Perse. Ek moet uittrek om te veg, want die aanvoerder van die Grieke het opgeruk.

21. Ek moet vir jou sê wat in die Boek van die Waarheid geskryf staan. Daar is niemand wat saam met my hierdie leier kan teenstaan nie behalwe Migael, julle leier.”

Lees volledige hoofstuk Daniël 10