Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 9:12-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Israel sal heers oor wat oorgebly het van Edom.Hulle sal ook heers oor al die nasies wat my Naam dra.” Dit, sê die Here, sal Hy doen!

13. Verder sê Hy: “’n Dag sal kom wanneer die graan en die druiwe vinniger sal groeias wat hulle kan oes. Die sap sal afdrup van die wingerde teen die berghange,dit sal teen die skuinstes afvloei.

14. Ek sal my volk Israeluit ballingskap laat terugkom.Hulle sal die verwoeste dorpe weer opbou en bewoon.Hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink.Hulle sal boorde aanplant en die vrugte daarvan eet.”

15. Die Here hulle God sê: “Ek sal hulle in hulle land hervestig.Ek sal nooit weer toelaat dat iemand hulle wegneem uit die land wat Ek vir hulle gegee het nie.”

Lees volledige hoofstuk Amos 9