Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 8:2-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Hy het vir my gevra: “Wat sien jy, Amos?” Ek het geantwoord: “’n Mandjie vol ryp vrugte.”Toe sê die Here vir my:“My volk Israel is soos hierdie vrugte,ryp vir straf! Ek gaan hulle straf nie langer uitstel nie.”

3. Die oppermagtige Here sê: “Wanneer daardie dag aanbreek, sal die liedere wat hulle in die paleis sing ’n huiltoon hê.Lyke sal in groot getalle oral rondlê. Bly liewer stil!”

4. Julle wat die armes besteel en die behoeftiges vertrap,luister hierna!

5. Julle kan nie wag dat die Nuwemaanfees of die Sabbat verby is sodat julle graan kan verkoop nie. Julle meet graan met ’n vals maatbak en bedrieg deur skaalgewigte swaarder te maak.

6. Die koring wat julle verkoop,meng julle met kaf! Julle koop armes vir geld en behoeftiges vir ’n paar sandale.

7. Die Here, die Trots van Israel,het ’n eed gesweer: “Ek sal nooit vergeet wat Israel gedoen het nie!

8. Julle dade sal die aarde skud,almal op die aarde sal huil.Die wêreld sal opstyg soos die Nylen wegsak soos die rivier van Egipte.”

9. Die oppermagtige Here sê:“In dié tyd sal Ek die son teen die middag laat sak, en dit donker laat wordterwyl dit nog dag is.

10. Ek sal julle feestetye maak van rou en julle vrolike sangtot ’n klaagsang. Soos iemand rou oor die dood van ’n enigste kind, so sal julle rouklere dra en julle koppe kaal skeer.Dit sal ’n bitter dag wees!”

11. Die oppermagtige Here sê: “Die tyd kom dat Ek hongersnood oor die land sal stuur.Nie ’n honger na brood of water nie,maar om te hoor wat Ek sê.

Lees volledige hoofstuk Amos 8