Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 7:10-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Amasia was ’n priester in Bet-El. Toe hy hoor wat Amos sê, het hy vir Jerobeam, die koning van Israel, ’n boodskap gestuur: “Amos is besig om ’n komplot teen Israel te smee. Al hierdie dinge wat hy sê, sal die land net skade aandoen.”

11. Amos het gesê: “Jerobeam sal binnekort gewelddadig sterf en Israel sal in ballingskap gaan. Hulle sal uit hulle land weggevoer word.”

12. Amasia het toe vir Amos gesê: “Siener, gee pad! Gaan liewer terug na die land Juda toe. Gaan verdien jou brood daar en profeteer daar!

13. Moenie langer hier in Bet-El jou profetiese boodskappe bring nie. Dit is die koning se aanbiddingsplek, die heiligdom van sy koninkryk.”

14. Maar Amos het Amasia geantwoord en gesê: “Ek is nie ’n professionele profeet nie en ek is ook nie ’n seun van ’n profeet nie. Ek is maar net ’n skaapboer, en ek kweek wildevyebome.

15. “Maar die Here het my geroep waar ek skape opgepas het en gesê: ‘Gaan na my volk Israel en profeteer vir hulle.’

16. “Maar luister nou na hierdie boodskap van die Here! Jy sê mos: “‘Moenie teen Israel profeteer nie. Hou op om te preek teen die nageslag van Isak.’

Lees volledige hoofstuk Amos 7