Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 5:17-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Selfs in die wingerdesal mense huil, want Ek beweeg onder julle om julle te straf,”sê die Here.

18. Daar wag ’n ontnugtering op julle wat uitsienna die Dag van die Here.Waarom wens julle dat die Dag van die Heremoet kom?Dit gaan ’n donker dag wees,nie ’n dag van lig nie.

19. Dit sal wees soos iemand wat weghardloop vir ’n leeu, maar hom vasloop teen ’n beer.En wanneer hy by die huis kom en met sy hand leunteen die muur,word hy deur ’n slang gepik.

20. Die Dag van die Heresal ’n donker dag wees, sonder enige lig van hoop.’n Somber en uitsiglose dag!

21. “Ek haat, Ek verafsku julle feeste.Ek vind geen plesier in julle samekomste nie.

22. Ek sal nie julle brandoffers en graanoffersaanvaar nie.Ek sal My nie eers steur aan die vetgemaakte dierewat julle as offers bring nie.

23. Hou op om lofliedere te sing,dit is net ’n geraas!Ek sal ook nie na die melodieëvan julle harpe luister nie.

24. Ek wil liewer ’n vloed van regverdigheid sien,’n eerlike leefwyse soos ’n stroom water wat nie ophou vloei nie.

25. “Israel, was dit vir My dat julle 40 jaar lankbrandoffers en graanoffersin die woestyn gebring het?

26. Nee, dit was eerder vir die koninggod Sikkut en die stergod Kijun wat julle self gemaaken saamgedra het.

27. Daarom sal Ek julle wegstuurin ballingskap,na ’n land oos van Damaskus.”Dit sê Hy wat genoem worddie Here God, die Almagtige.

Lees volledige hoofstuk Amos 5