Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 1:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierdie boodskap oor Israel is vir Amos, ’n skaapboer uit Tekoa, gegee. Hy het dit twee jaar voor die aardbewing deur ’n visioen ontvang. Dit was in die tyd toe Ussia koning van Juda was en Jerobeam, die seun van Joas, koning van Israel.

2. Amos het die volgende gesê:“Die Here brul uit Sion,sy stem dreun uit Jerusalem!Die weivelde kwyn weg.Die gras bo-op Karmel verdor.”

3. Die Here sê: “Die mense van Damaskushet keer op keer gesondig.Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie!Hulle het die mense van Gileadsoos graan met ’n ysterslee vertrap.

4. Daarom sal Ek die paleis van koning Gasael afbrand.Die vestings van Ben-Hadadsal Ek vernietig.

5. Damaskus se hekgrendels sal Ek stukkend breek,die inwoners van Bikat-Awensal Ek uitroei.Die leier van Bet-Edensal Ek uitruk en die mense van Siriëas gevangenes na Kir laat wegvoer.”So sê die Here.

6. Die Here sê:“Die mense van Gasa het keer op keer gesondig.Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie!Hulle het my volk in ballingskap laat gaan,hulle aan Edom as slawe verkoop.

7. Ek sal die mure van Gasa afbrand, Ek sal hulle vestings vernietig.

Lees volledige hoofstuk Amos 1