Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 5:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe het al die stamme van Israel na Dawid in Hebron gegaan en gesê: “Ons is tog almal bloedverwante.

2. ’n Lang tyd al, selfs destyds toe Saul ons koning was, was u eintlik maar die een wat Israel in gevegte gelei het. En die Here het vir u gesê: ‘Jy sal die herder van my volk Israel wees. Jy sal heerser oor Israel wees.’”

3. Dawid het toe daar in Hebron voor die Here ’n ooreenkoms met die leiers van Israel gesluit, en hulle het hom as koning van Israel gesalf.

4. Dawid was 30 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het altesaam 40 jaar lank regeer.

5. Hy het sewe en ’n half jaar in Hebron oor Juda regeer, en in Jerusalem 33 jaar oor Israel en Juda saam.

6. Dawid en sy persoonlike leër het teen Jerusalem opgeruk waar die Jebusiete gewoon het. “Jy sal nooit hier inkom nie,” tart die Jebusiete hom en sê: “Selfs die blindes en die lammes sal julle hier uit hou!” Hulle het gedink: “Dawid sal nooit hier kan inkom nie.”

7. Nogtans het Dawid die Sionsvesting verower. Dit word nou genoem die Stad van Dawid.

8. Daardie dag het Dawid gesê: “Elkeen wat ’n Jebusiet wil verslaan, moet die watertonnel gebruik om daardie sogenaamde lammes en blindes te bereik, want ek, Dawid, het ’n afsku aan hulle.” Dit is die oorsprong van die spreekwoord: “Die lammes en die blindes mag nie in die tempel ingaan nie.”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 5