Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 19:25-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Toe hy die koning in Jerusalem gaan ontmoet, vra die koning hom: “Hoekom het jy nie saam met my gegaan nie, Mefiboset?”

26. Mefiboset het geantwoord: “My heer die koning, my dienaar het my in die steek gelaat. Omdat ek kreupel is, het ek vir hom gesê: ‘Jy moet vir my die donkie opsaal sodat ek saam met die koning kan gaan.’

27. Hy het my boonop vals beskuldig, maar ek weet dat u soos ’n engel van God is. Doen dus met my wat u goedvind.

28. My hele familie het by u niks anders as die dood verdien nie. Tog het u my aan u tafel laat eet. Watter reg het ek dan om nog meer van die koning te verwag?”

29. “Dis nie nodig dat jy nog iets sê nie,” sê Dawid. “Ek oordeel dat jy en Siba die grond tussen julle moet verdeel.”

30. “Noudat u weer veilig tuis is, kan hy ook maar alles kry, my heer!” sê Mefiboset.

31. Barsillai die Gileadiet het uit Rogelim daar aangekom om die koning oor die Jordaan te help.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 19