Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 10:5-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Toe Dawid dit hoor, stuur hy boodskappers na die manne toe om hulle te gaan ontmoet, want hulle het baie vernederd gevoel. Hy het hulle laat weet: “Bly in Jerigo totdat julle baarde weer gegroei het. Dan kan julle terugkom huis toe.”

6. Die Ammoniete het besef dat hulle Dawid beledig het. Hulle stuur toe gesante en huur 20 000 voetsoldate by die Arameërs uit Bet-Regob en Soba, asook 1 000 by die koning van Maäka, en 12 000 uit die land Is-Tob.

7. Toe Dawid dit hoor, stuur hy Joab en die hele leër van Israel, almal dapper manne.

8. Die Ammoniete het hulle gevegslinie voor die stadspoort opgestel, terwyl die Arameërs van Soba en Regob, en die manskappe van Is-Tob en Maäka in die oop veld stelling ingeneem het.

9. Toe Joab sien dat hy aan twee fronte sou moes veg, kies hy van die beste soldate in sy leër en voer hulle aan teen die Arameërs.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 10