Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 1:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. “Saul het omgekyk en my gesien. Hy roep my toe om hom te kom help. ‘Wat kan ek doen?’ vra ek.

8. Hy vra my: ‘Wie is jy?’ Ek het hom geantwoord: ‘Ek is ’n Amalekiet.’

9. Toe beveel hy my: ‘Kom nader en verlos my uit my ellende, want ek lewe nog, maar is ernstig beseer.’

10. “Ek het hom toe uit sy lyding verlos en hom doodgemaak,” sê die Amalekiet vir Dawid, “want ek kon sien hy was dodelik gewond na sy val en dat hy nie meer lank sou kon lewe nie. Ek het sy kroon en een van sy armbande gevat om dit na u, my heer, te bring.”

11. Toe Dawid dit hoor, het hy en sy manskappe hulle klere geskeur.

12. Hulle het gerou en getreur en tot die aand toe gevas oor die dood van Saul en Jonatan en oor die volk van die Here en die krygsmanne van Israel omdat hulle gesneuwel het.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 1