hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In die tyd na Saul se dood het Dawid teruggekom van sy oorwinning oor die Amalekiete en het reeds twee dae lank in Siklag gebly,

2. toe daar op die derde dag ’n man van Saul se kamp af aankom. Sy klere was geskeur en daar was grond op sy kop as teken van rou. Toe hy by Dawid kom, val hy in eerbied voor hom op die grond.

3. “Waar kom jy vandaan?” vra Dawid hom.“Ek het uit die kamp van Israel gevlug,” antwoord hy.

4. “Wat het gebeur?” vra Dawid. “Vertel my hoe sake verloop het.”Die man antwoord hom: “Die leër het op die vlug geslaan en talle van hulle het gesneuwel. Saul en sy seun Jonatan is ook dood.”

5. “Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jonatan dood is?” vra Dawid vir die jong man.

6. Hy antwoord: “Ek was toevallig op Gilboaberg toe ek sien Saul leun op sy spies terwyl die strydwaens van die vyand naderkom.

7. “Saul het omgekyk en my gesien. Hy roep my toe om hom te kom help. ‘Wat kan ek doen?’ vra ek.

8. Hy vra my: ‘Wie is jy?’ Ek het hom geantwoord: ‘Ek is ’n Amalekiet.’

9. Toe beveel hy my: ‘Kom nader en verlos my uit my ellende, want ek lewe nog, maar is ernstig beseer.’

10. “Ek het hom toe uit sy lyding verlos en hom doodgemaak,” sê die Amalekiet vir Dawid, “want ek kon sien hy was dodelik gewond na sy val en dat hy nie meer lank sou kon lewe nie. Ek het sy kroon en een van sy armbande gevat om dit na u, my heer, te bring.”

11. Toe Dawid dit hoor, het hy en sy manskappe hulle klere geskeur.

12. Hulle het gerou en getreur en tot die aand toe gevas oor die dood van Saul en Jonatan en oor die volk van die Here en die krygsmanne van Israel omdat hulle gesneuwel het.

13. Dawid vra toe vir die jong man wat die nuus gebring het: “Van waar is jy nou weer?”Hy antwoord: “Ek is ’n vreemdeling, ’n Amalekiet.”

14. “Was jy dan nie bang om die gesalfde van die Here dood te maak nie?” vra Dawid vir hom.

15. Toe beveel Dawid een van sy manskappe: “Maak hom dood!” Die man het die Amalekiet aangeval sodat hy gesterf het.

16. “Jy het jou eie doodsvonnis uitgespreek,” sê Dawid, “want jy het self erken: ‘Ek het die gesalfde van die Here doodgemaak.’”

Dawid se Booglied oor Saul en

Jonatan

17. Toe het Dawid ’n klaaglied vir Saul en Jonatan geskryf.

18. Later het hy beveel dat dit vir almal in Juda geleer moes word. Dit staan bekend as die Booglied, en is opgeteken in Die boek van die Opregte.

19. Die sieraad van Israel is verslaan op die heuwels!Hoe het die dapper helde geval!

20. Vertel dit nie in Gat nie,maak dit nie bekendin die strate van Askelon nie;anders sal die dogters van die Filistynehulle verheug,die dogters van die onbesnedenessal jubel.

21. Berge van Gilboa,mag daar geen dou of reënop julle hange wees nie,want die skild van die dapperesis daar geskend,die skild van Saul is nie met olie ingesmeer nie.

22. Sonder die bloed van die gesneuweldes,sonder die vet van die dapperes,het die boog van Jonatannooit uit ’n geveg teruggekom, of die swaard van Saulvan die slagveld af nie.

23. Saul en Jonatan, geliefd en bemind,was in lewe of dood nie geskei nie.Vinniger as arende was hulle,sterker as leeus.

24. Dogters van Israel, treur oor Saul.Hy het julle ryklik gekleeen goue ornamente gegee.

25. Hoe het die dapper mannein die geveg gesneuwel!Op die hoogtes is Jonatan verslaan!

26. Ek is bedroef oor jou, my broer Jonatan!Jy was baie naby aan my.Jou liefde was vir my buitengewoon,dit oortref die liefde van vroue!

27. Hoe het die dapper manne gesneuwel,met hulle oorlogswapens nog in die hand het hulle gesterf!