Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 1:12-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Hulle het gerou en getreur en tot die aand toe gevas oor die dood van Saul en Jonatan en oor die volk van die Here en die krygsmanne van Israel omdat hulle gesneuwel het.

13. Dawid vra toe vir die jong man wat die nuus gebring het: “Van waar is jy nou weer?”Hy antwoord: “Ek is ’n vreemdeling, ’n Amalekiet.”

14. “Was jy dan nie bang om die gesalfde van die Here dood te maak nie?” vra Dawid vir hom.

15. Toe beveel Dawid een van sy manskappe: “Maak hom dood!” Die man het die Amalekiet aangeval sodat hy gesterf het.

16. “Jy het jou eie doodsvonnis uitgespreek,” sê Dawid, “want jy het self erken: ‘Ek het die gesalfde van die Here doodgemaak.’”

17. Toe het Dawid ’n klaaglied vir Saul en Jonatan geskryf.

18. Later het hy beveel dat dit vir almal in Juda geleer moes word. Dit staan bekend as die Booglied, en is opgeteken in Die boek van die Opregte.

19. Die sieraad van Israel is verslaan op die heuwels!Hoe het die dapper helde geval!

20. Vertel dit nie in Gat nie,maak dit nie bekendin die strate van Askelon nie;anders sal die dogters van die Filistynehulle verheug,die dogters van die onbesnedenessal jubel.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 1