Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 8:16-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. So het Salomo verseker dat al die werk in verband met die tempel van die Here uitgevoer is vanaf die dag toe die fondamente van die tempel van die Here gelê is totdat dit voltooi is.

17. Later het Salomo na Esjon-Geber en Elat, hawestede aan die kus van Edom, gegaan.

18. Hiram het vir hom skepe, beman deur sy eie ervare seemanne, gestuur. Hulle het saam met Salomo se manskappe na die land Ofir gevaar. Hulle het byna vyftien en ’n half ton goud vir koning Salomo daarvandaan teruggebring.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 8