Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 6:37-42 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

37. As hulle egter in daardie land van gevangenskap dalk in berou hulle tot U bekeer en tot U smeek: ‘Ons het oortree, ons het gesondig, ons het kwaad gedoen,’

38. luister tog na hierdie gebede. As hulle heelhartig en in opregtheid hulle tot U bekeer in die land van gevangenskap; as hulle tot U bid in die rigting van die land wat U aan hulle voorvaders gegee het en van hierdie stad wat U gekies het, en van hierdie tempel wat ek tot eer van u Naam gebou het,

39. luister dan tog na hulle gebede uit u hemel waar U woon, en vergewe u volk wat teen U gesondig het.

40. “My God, kyk tog, en luister aandagtig na al hulle gebede in hierdie plek.

41. “En nou, Here God,kom na u rusplek,U en u magtige ark. Mag u priesters, Here God, geklee wees met redding, en mag u gelowiges juig in u goedheid.

42. Here God, moenie u gesalfdeverwerp nie. Onthou tog u onfeilbare liefde vir u dienaar Dawid.”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 6