Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 23:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In die sewende jaar van Atalia se regering het Jojada die priester besluit om op te tree. Hy het moed geskep en ’n ooreenkoms met vyf leërowerstes aangegaan: Asarja seun van Jerogam, Ismael seun van Joganan, Asarja seun van Obed, Maäseja seun van Adaja en Elisafat seun van Sikri.

2. Hierdie manne het deur die hele Juda gegaan en die Leviete en familiehoofde in die dorpe bymekaargemaak. Hulle het opdrag gekry om na Jerusalem toe te kom.

3. Hulle het almal by die tempel van God bymekaargekom en ’n verbond met Joas, die jong koning, gesluit.Jojada het vir hulle gesê: “Die tyd het aangebreek dat die koning se seun moet regeer! Die Here het belowe dat ’n afstammeling van Dawid ons koning sou wees.

4. Julle moet soos volg optree: Wanneer die priesters en die Leviete op die Sabbat aan diens kom, moet een derde van hulle as deurwagte dien.

5. Nog een derde moet na die koninklike paleis gaan en die oorblywende derde na die Fondamentpoort. Almal wat oor is, moet in die voorhof van die Here se tempel bly.

6. Onthou dat net die priesters en Leviete aan diens die tempel van die Here mag binnegaan, want hulle is daarvoor afgesonder. Die res van die mense moet die Here se voorskrifte gehoorsaam en buite bly.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 23