Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 21:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Hy het ook heidense hoogtes in die berge van Juda gebou, die inwoners van Jerusalem tot ontrouheid verlei en Juda op die verkeerde pad laat loop.

12. Elia die profeet het toe die volgende brief aan Joram gestuur:Dit is wat die Here, die God van jou voorvader Dawid, sê: Jy het nie die goeie voorbeeld van jou pa Josafat of jou oupa, koning Asa van Juda, gevolg nie.

13. Jy het net so goddeloos geword soos die konings van Israel. Jy het die inwoners van Jerusalem en Juda tot ontrouheid verlei, net soos koning Agab in Israel gedoen het. Jy het selfs jou eie broers, lede van jou vader se familie, manne wat beter was as jy, doodgemaak.

14. Nou is die Here op die punt om jou en jou volk, jou kinders en jou vroue met ’n swaar slag te tref.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 21