Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 2:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Salomo het besluit om ’n tempel vir die Naam van die Here en ’n koninklike paleis vir homself te bou.

2. Hy het 70 000 draers, 80 000 klipkappers in die berge en 3 600 opsigters opgeroep.

3. Salomo het die volgende brief aan koning Hiram in Tirus gestuur: U het voorheen aan my pa Dawid sederhout verskaf toe hy sy paleis gebou het om daarin te woon.

4. Ek wil nou ’n tempel tot eer van die Naam van die Here my God bou en dit aan Hom toewy. Daar sal geurige wierook voor Hom gebrand word, offerbrode sal gedurig daar wees. Brandoffers sal elke oggend en aand gebring word, asook tydens die Sabbat, met nuwemaan en tydens ander vasgestelde feeste van die Here ons God. Hy het Israel beveel om altyd hierdie dinge te doen.

5. Dit sal ’n groot tempel wees wat ek beplan om te bou, want ons God is groter as alle ander gode.

6. Maar wie kan ’n waardige woning vir Hom bou? Nie eens die hoogste hemele kan Hom bevat nie! Wie is ek om te dink dat ek vir Hom ’n tempel sal bou, behalwe om brandoffers aan Hom te bring?

7. Daarom, stuur tog vir my ’n bekwame ambagsman wat vaardig is in die bewerking van goud, silwer, brons en yster; en van pers, bloedrooi en blou materiaal. Hy moet bedrewe wees in graveerwerk en moet saamwerk met die vakmanne van Juda en Jerusalem wat my pa Dawid voorsien het.

8. Stuur tog ook vir my seder-, sipres- en jenewerhout van die Libanon, want ek weet u vakmanne is sonder gelyke by die afkap van bome van die Libanon. Ek sal my arbeiders stuur om hulle by te staan.

9. Ek sal ’n groot hoeveelheid hout nodig hê, want die tempel wat ek wil bou, sal baie groot en indrukwekkend wees.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 2