Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 14:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe Abia sterf, is hy begrawe in die Dawidstad. Sy seun Asa het hom opgevolg. Daar was vir tien jaar lank vrede in die land,

2. want Asa het gedoen wat goed en reg is in die oë van die Here sy God.

3. Hy het die heidense altare en hoogtes verwyder. Hy het ook die klippilare en Asjerapale stukkend gebreek.

4. Hy het die volk van Juda beveel om die Here die God van hulle voorouers te gehoorsaam en sy gebooie en opdragte uit te voer.

5. Asa het ook die heidense hoogtes en wierookaltare uit elke dorp in Juda verwyder. Asa se koninkryk het ’n tyd van vrede beleef.

6. Gedurende daardie vredevolle jare was hy in staat om versterkte stede oral in Juda te bou. In hierdie tyd het niemand probeer om teen hom oorlog te maak nie, want die Here het hom rus gegee van al sy vyande.

7. Asa het vir Juda gesê: “Laat ons dorpe bou en hulle versterk met mure, torings, hekke en sluitbalke. Die land is ons s’n, want ons het die Here ons God gedien en Hy het ons rus van ons vyande gegee.” Hulle het toe voortgegaan met hierdie bouwerk en dit voltooi.

8. Koning Asa het uit die stam Juda ’n leër van 300 000 soldate gewapen met groot skilde en spiese gehad. Uit die stam van Benjamin het hy ’n leër gehad van 280 000 soldate gewapen met klein skilde en pyl en boog. Albei leërs is saamgestel uit dapper vegters.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 14