Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 1:12-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. sal Ek sekerlik vir jou die wysheid en kennis gee waarvoor jy gevra het. Maar Ek sal ook vir jou rykdom, besittings en eer gee soos geen ander koning voor jou of na jou ooit sal hê nie.”

13. Daarna het Salomo vanaf die tent van ontmoeting op die hoogte in Gibeon na Jerusalem toe teruggegaan. Hy het oor die hele Israel regeer.

14. Salomo het ’n groot militêre mag opgebou. Dit het 1 400 strydwaens en 12 000 perde ingesluit. Hy het hulle in die stede geplaas, en sommige naby hom in Jerusalem.

15. Hy het silwer en goud in Jerusalem so volop soos klippe gemaak. Seders was so volop soos wildevyebome in die Laeveld.

16. Salomo se perde is uit Egipte en Kewé ingevoer. Die koning se handelaars het hulle in Kewé gekoop teen pryse waarop daar ooreengekom is.

17. Destyds is strydwaens vir byna sewe kilogram silwer uit Egipte ingevoer, en ’n perd vir een en ’n driekwart kilogram. Baie hiervan is na die Hetitiese en Aramese konings uitgevoer.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 1