Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 16:9-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Die koning van Assirië het toe so gemaak en teen Damaskus, hoofstad van die Arameërs, opgetrek en dit ingeneem. Hy het die inwoners as gevangenes weggeneem en hulle in Kir hervestig. Hy het ook koning Resin doodgemaak.

10. Daarna het koning Agas na Damaskus toe gegaan om koning Tiglat-Pileser van Assirië te ontmoet. In Damaskus het ’n altaar sy aandag getrek. Hy stuur toe ’n afbeelding en die bouplanne daarvan na die priester Urija.

11. Urija het ’n altaar presies volgens die koning se planne gebou. Met die terugkoms van die koning uit Damaskus was die altaar klaar.

12. Daar aangekom uit Damaskus, het die koning na die altaar gekyk en nadergekom om daarop te offer.

13. Die koning het sy brandoffer en sy graanoffer gebring, sy drankoffer uitgegiet en die bloed van sy maaltydoffer teen die altaar uitgegooi.

14. Daarna het hy die ou bronsaltaar wat voor die Here gestaan het, verskuif van sy plek voor die Here se tempel. Hierdie plek was tussen die nuwe altaar en die tempel. Die bronsaltaar het hulle nou noord van die nuwe altaar neergesit.

15. Koning Agas sê toe vir die priester Urija: “Gebruik die nuwe groot altaar vir die oggendbrandoffer en die aandgraanoffer, vir die koning se brandoffer en graanoffer, en die volk se brandoffer, graanoffer en drankoffer. Die bloed van die brandoffer en ander diere-offers moet teen die nuwe altaar gesprinkel word. Die ou bronsaltaar sal net vir my persoonlike doeleindes gebruik word.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 16