Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 16:12-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Daar aangekom uit Damaskus, het die koning na die altaar gekyk en nadergekom om daarop te offer.

13. Die koning het sy brandoffer en sy graanoffer gebring, sy drankoffer uitgegiet en die bloed van sy maaltydoffer teen die altaar uitgegooi.

14. Daarna het hy die ou bronsaltaar wat voor die Here gestaan het, verskuif van sy plek voor die Here se tempel. Hierdie plek was tussen die nuwe altaar en die tempel. Die bronsaltaar het hulle nou noord van die nuwe altaar neergesit.

15. Koning Agas sê toe vir die priester Urija: “Gebruik die nuwe groot altaar vir die oggendbrandoffer en die aandgraanoffer, vir die koning se brandoffer en graanoffer, en die volk se brandoffer, graanoffer en drankoffer. Die bloed van die brandoffer en ander diere-offers moet teen die nuwe altaar gesprinkel word. Die ou bronsaltaar sal net vir my persoonlike doeleindes gebruik word.”

16. Die priester Urija het presies so gedoen soos koning Agas hom beveel het.

17. Koning Agas het die sluitplate van die waentjies verwyder, die waskomme weggevat, die waterbak opgelig waar dit op die gegote bronsbeeste gerus het en dit op ’n klipvloer neergesit.

18. Hy het die oordekte gang vir die Sabbat wat hulle by die tempel gebou het, asook die buitenste ingang vir die koning, uit ontsag vir die koning van Assirië uit die tempelkompleks verwyder.

19. Die ander gebeurtenisse tydens Agas se bewind en wat hy gedoen het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Juda.

20. Toe Agas sterf, is hy in die familiegraf in die Dawidstad begrawe. Sy seun Hiskia het hom opgevolg.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 16