Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 14:4-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Hy het net nie die heidense hoogtes waar die volk offers gebring het en wierook gebrand het, vernietig nie.

5. Toe hy as koning gevestig was, het hy die mans wat sy pa in ’n sluipmoord doodgemaak het, tereggestel.

6. Hy het egter nie die sluipmoordenaars se kinders doodgemaak nie, want hy was gehoorsaam aan die eise van die Here volgens die boek van die bepalings van Moses, wat lui: “Ouers moenie doodgemaak word vir die sondes van hulle kinders nie, of die kinders vir die sondes van die ouers nie. Elkeen moet vir sy eie misdade tereggestel word.”

7. Amasia het 10 000 Edomiete in die Soutvlakte verslaan. Hy het ook Sela verower en die naam na Jokteël verander, soos dit vandag nog genoem word.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 14