Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 12:17-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Ongeveer hierdie tyd het koning Gasael van Aram teen Gat oorlog gemaak en dit verower. Daarna het hy besluit om teen Jerusalem op te trek.

18. Koning Joas van Juda het al die gewyde voorwerpe wat sy voorvaders Josafat, Joram en Ahasia, die vorige konings van Juda, gegee het, aan koning Gasael van Aram gestuur. Hy het ook dit wat hy gegee het saam met al die goud wat in die skatkamers van die tempel van die Here en die paleis te vind was aan koning Gasael gestuur. Gasael het toe sy aanslag op Jerusalem afgelas.

19. Die ander gebeurtenisse tydens Joas se bewind en alles wat hy gedoen het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Juda.

20. Sy amptenare het teen hom saamgesweer en hom by Bet-Millo op die afdraande na Silla doodgemaak.

21. Die samesweerders was sy amptenare Sabad seun van Simat en Josabad seun van Somer. Joas is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Amasia het hom opgevolg.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 12