Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 12:18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Koning Joas van Juda het al die gewyde voorwerpe wat sy voorvaders Josafat, Joram en Ahasia, die vorige konings van Juda, gegee het, aan koning Gasael van Aram gestuur. Hy het ook dit wat hy gegee het saam met al die goud wat in die skatkamers van die tempel van die Here en die paleis te vind was aan koning Gasael gestuur. Gasael het toe sy aanslag op Jerusalem afgelas.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 12

Kyk 2 Konings 12:18 in konteks