Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 29:7-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Moenie hulle verder ontstel nie, en gaan liewer in vrede terug huis toe.”

8. “Wat het ek dan gedoen om hierdie behandeling te ontvang?” vra Dawid. “Wat het ek verkeerd gedoen in al die tyd dat ek by u is? Hoekom kan ek nie saam teen die vyande van my heer die koning gaan veg nie?”

9. Maar Akis antwoord: “Wat my betref, is jy so goed soos ’n boodskapper van God. Maar die bevelvoerders is bang om jou saam met hulle in die geveg toe te laat.

10. “Staan nou môre-oggend vroeg op en vertrek saam met jou manskappe voordat dit lig word.”

11. Dawid en sy manskappe is toe vroegoggend terug na die land van die Filistyne toe, terwyl die Filistynse leër na Jisreël opgetrek het.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 29