Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 21:9-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. “Al wat ek hier het,” antwoord Agimelek, “is die swaard van Goliat die Filistyn wat jy in die vallei van die groot boom doodgemaak het. Dit is toegedraai in ’n mantel agter die skouerkleed. Jy kan dit vat as jy wil, want daar is niks anders hier nie.”“Daar is niks beters as dié swaard nie. Gee dit vir my!” sê Dawid.

10. Dawid het nog dieselfde dag van Saul af weggevlug en by Akis, die koning van Gat, aangekom.

11. Maar Akis se amptenare het gevra: “Is dit dan nie Dawid, die koning van die land nie? Is dit nie die een wat die mense met danse vereer het en oor wie hulle gesing het: ‘Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende’ nie?”

12. Dawid het hierdie opmerkings gehoor en was bang dat Akis teen hom sou optree.

13. Daarom het hy gemaak of hy mal is deur teen die poorte te krap en sy spoeg teen sy baard te laat afloop.

14. Toe sê Akis vir sy amptenare: “Kan julle nie sien die man is mal nie? Hoekom bring julle hom na my toe?

15. Het ons nog mal mense nodig dat julle hom na my toe bring om voor my mal te wees? Hoekom moet ek so iemand in my huis toelaat?”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 21