Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 21:6-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Omdat daar dus nie gewone brood beskikbaar was nie, gee die priester hom die offerbrood wat net daardie dag uit die heiligdom geneem is en met vars brode vervang is.

7. Doëg die Edomiet, hoof van Saul se veewagters, moes dié dag daar in die heiligdom deurbring.

8. Dawid vra vir Agimelek: “Is hier dalk ’n spies of ’n swaard beskikbaar? Die koning se opdrag was so dringend dat ek nie eens tyd gehad het om my wapens te gryp nie!”

9. “Al wat ek hier het,” antwoord Agimelek, “is die swaard van Goliat die Filistyn wat jy in die vallei van die groot boom doodgemaak het. Dit is toegedraai in ’n mantel agter die skouerkleed. Jy kan dit vat as jy wil, want daar is niks anders hier nie.”“Daar is niks beters as dié swaard nie. Gee dit vir my!” sê Dawid.

10. Dawid het nog dieselfde dag van Saul af weggevlug en by Akis, die koning van Gat, aangekom.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 21