Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 17:52-58 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

52. Die manskappe van Israel en Juda het opgespring en met ’n geskree die Filistyne agternagesit tot by die ingang na Gat en die poorte van Ekron. Die gesneuweldes van die Filistyne het gestrooi gelê langs die pad vanaf Saärim na Gat toe en tot by Ekron.

53. Daarna het die Israeliete omgedraai van die agtervolging en die kamp van die Filistyne geplunder.

54. Dawid het die kop van die Filistyn gevat en dit na Jerusalem toe gebring, maar sy wapens in sy eie tent gaan neersit.

55. Toe Saul Dawid sien uittrek om die Filistyn aan te durf, vra hy vir Abner, die hoof van die leër: “Wie se seun is hierdie jong man, Abner?” Abner antwoord: “Ek weet regtig nie, Koning!”

56. “Dan moet jy uitvind wie die jong man is,” beveel Saul.

57. Nadat Dawid die Filistyn doodgemaak het, bring Abner hom na Saul toe. Die kop van die Filistyn was nog in sy hand.

58. Saul sê vir hom: “Sê my wie se kind is jy, my seun?” Dawid antwoord: “Ek is die seun van u onderdaan Isai. Ons woon in Betlehem.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 17