Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 15:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Op ’n dag sê Samuel vir Saul: “Ek het jou as koning oor Israel gesalf omdat dit die Here se opdrag aan my was. Luister nou na die boodskap van die Here:

2. Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: ‘Ek het besluit om Amalek tot verantwoording te roep omdat hulle Israel teengestaan het toe hulle uit Egipte getrek het.

3. Jy moet nou gaan en Amalek heeltemal uitroei. Doen dit sonder dat jy iemand oorsien, mans, vroue, kinders, babas, grootvee, kleinvee, kamele en donkies.’”

4. Saul het toe sy soldate by Telaim bymekaargeroep. Daar was 200 000 manskappe behalwe die 10 000 uit Juda.

5. Saul gaan toe na die stad van Amalek en stel ’n hinderlaag by die spruit.

6. Hy stuur ook ’n boodskap aan die Keniete: “Gee pad tussen die Amalekiete, anders sal julle saam met hulle omkom. Julle was Israel immers goedgesind toe hulle uit Egipte opgetrek het.” Die Keniete het toe padgegee.

7. Saul het daarna die Amalekiete verslaan van Gawila af tot by Sur, oos van Egipte.

8. Hy het Agag, die koning van Amalek, gevange geneem, maar al die ander mense en diere totaal uitgewis.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 15