Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 11:10-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Die inwoners van Jabes laat weet toe vir hulle vyande: “Ons sal môre uitkom na julle toe en dan kan julle met ons maak soos julle wil.”

11. Vroeg die volgende môre het Saul sy leër in drie afdelings verdeel. Voor dagbreek het hy ’n verrassingsaanval teen die Ammoniete geloods en hulle tot die middag toe afgemaai. Die oorblyfsel van hulle leër was so verjaag dat daar nie twee van hulle bymekaargebly het nie.

12. Toe sê die volk vir Samuel: “Waar is daardie mense wat gesê het Saul moenie oor ons regeer nie? Bring hulle sodat ons hulle kan doodmaak!”

13. Maar Saul het geantwoord: “Niemand sal vandag tereggestel word nie, want die Here het Israel verlos!”

14. Daarna sê Samuel vir die mense: “Kom ons gaan almal Gilgal toe en herbevestig Saul se koningskap.”

15. Hulle gaan toe almal na Gilgal toe. Daar het hulle tydens ’n plegtigheid in die teenwoordigheid van die Here Saul tot koning gekroon. Daarna het hulle maaltydoffers aan die Here gebring. Saul en al die Israeliete was baie bly.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 11