Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 1:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In Rama, in die heuwelgebied van Efraim, het daar ’n Suffiet gewoon met die naam Elkana. Hy was die seun van Jerogam en die kleinseun van Elihu uit die familie van Togu, van die familiegroep van Suf, uit Efrata.

2. Hy het twee vroue gehad, Hanna en Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna was kinderloos.

3. Elke jaar het Elkana en sy gesin na Silo toe gegaan om daar te aanbid en offers vir die Here, die Almagtige, te bring. Die priesters van die Here daar was Hofni en Pinehas, die twee seuns van Eli.

4. Wanneer Elkana sy offers bring, het hy gewoonlik gedeeltes van die offermaaltyd aan Peninna en haar kinders gegee.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 1