Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:7-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Die seuns van Bela was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Hierdie vyf soldate was die leiers van families. Die totale aantal manne wat vir militêre diens beskikbaar was, was 22 034. Almal van hulle se name is opgeteken in hulle geslagsregister.

8. Die seuns van Beker was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet.

9. Volgens hulle geslagsregister was daar 20 200 manne beskikbaar vir militêre diens tussen hulle afstammelinge, buiten hulle families se leiers.

10. Die seun van Jediael was Bilhan. Die seuns van Bilhan was Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar.

11. Hulle was die leiers van die families van Jediael, en tussen hulle afstammelinge was 17 200 manne vir militêre diens beskikbaar.

12. Die seuns van Ir was Suppim en Guppim. Gusim was die seun van Ager.

13. Die seuns van Naftali was Jagseël, Guni, Jeser en Sillem. Hulle was afstammelinge van Bilha.

14. Die seuns van Manasse by sy Aramese byvrou was Asriël en Makir. Makir was die pa van Gilead.

15. Makir het vir Guppim en Suppim vroue gekry. Makir se suster se naam was Maäka. Een van sy afstammelinge was Selofgad, wat net dogters gehad het.

16. Makir se vrou Maäka het ’n seun gehad wat sy Peres genoem het. Sy broer se naam was Seres. Die seuns van Peres was Ulam en Rekem.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7