Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:48-62 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

48. Hulle familie, ook Leviete, is aangestel om verskeie take in die tabernakel, die huis van God, te verrig.

49. Net Aäron en sy afstammelinge het as priesters gewerk. Hulle het die offers op die brandofferaltaar en die wierookaltaar aangebied, en al die ander werk in die Allerheiligste gedoen. So het hulle Israel met God versoen deur al die bevele te volg wat Moses, die kneg van God, gegee het.

50. Die afstammelinge van Aäron is Eleasar, Pinehas, Abisua,

51. Bukki, Ussi, Seragja,

52. Merajot, Amarja, Agitub,

53. Sadok en Agimaäs.

54. Hier is ’n lys van die dorpe en grond wat deur die gewyde lot aan die afstammelinge van Aäron van die Kehatgroep toegeken is.

55. Dit het Hebron in Juda met sy weiveld daar rondom ingesluit,

56. maar die saaigrond van die stad en sy dorpe is aan Kaleb, die seun van Jefunne, gegee.

57. Die afstammelinge van Aäron het saam met die volgende dorpe ook die omliggende weiveld gekry: Hebron, wat ’n vrystad was, Libna, Jattir, Estemoa,

58. Golon, Debir,

59. Asan met sy weivelde en Bet-Semes met sy weivelde.

60. Van die grond van Benjamin is aan hulle gegee: Gibeon, Geba, Alemet en Anatot, elkeen met sy weiveld. So is ’n totaal van dertien stede vir die afstammelinge van Aäron gegee.

61. Die oorblywende afstammelinge van Kehat het tien stede in die grondgebied van die halwe stam van Manasse deur middel van die gewyde lot gekry.

62. Die afstammelinge van Gerson het in die grondgebied van Issaskar, Aser, Naftali en van die Basangebied van Manasse dertien stede deur die gewyde lot gekry.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6