Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3:14-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Amon en Josia.

15. Die seuns van Josia was Joganan, die oudste, Jojakim, die tweede, Sedekia, die derde, en Sallum, die vierde.

16. Jojakim is opgevolg deur sy seun Jojagin. Hý is weer opgevolg deur sy oom, Sedekia.

17. Die seuns van Jojagin, wat deur die Babiloniërs gevange geneem is, was Sealtiël,

18. Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja.

19. Die seuns van Pedaja was Serubbabel en Simi.Die seuns van Serubbabel was Mesullam en Gananja. Hy het ook ’n dogter met die naam Selomit gehad.

20. Sy vyf ander seuns was Gasuba, Ohel, Berekja, Gasadja en Jusab-Gesed.

21. Die seuns van Gananja was Pelatja en Jesaja. Jesaja se seun was Refaja. Refaja se seun was Arnan. Arnan se seun was Obadja. Obadja se seun was Sekanja.

22. Die afstammelinge van Sekanja was Semaja en sy seuns, Gattus, Jigal, Bariag, Nearja en Safat, ses in totaal.

23. Die seuns van Nearja was Eljoënai, Hiskia en Asrikam, drie in totaal.

24. Die seuns van Eljoënai was Hodauja, Eljasib, Pelaja, Akkub, Joganan, Delaja en Anani, sewe in totaal.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 3