Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27:10-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Geles, ’n afstammeling van Efraim uit Pelon, was bevelvoerder van die sewende afdeling, wat die sewende maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

11. Sibbekai, ’n afstammeling van Gusa, was bevelvoerder van die agtste afdeling, wat die agtste maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

12. Abiëser van Anatot, bevelvoerder van die negende afdeling, was die negende maand aan diens. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

13. Marai, ’n afstammeling van Sera uit Netofa was bevelvoerder van die tiende afdeling, wat die tiende maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

14. Benaja van Piraton in Efraim was bevelvoerder van die elfde afdeling, wat die elfde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

15. Geled, ’n afstammeling van Otniël uit Netofa, was bevelvoerder van die twaalfde afdeling, wat die twaalfde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

16. Die volgende was die stamme van Israel en hulle leiers: Stam LeierRuben Eliëser, seun van Sikri.Simeon Safatja, seun van Maäka.

17. Levi Gasabja, seun van Kemuel.Aäron (priesters) Sadok.

18. Juda Elihu, ’n broer van Dawid.Issaskar Omri, seun van Migael.

19. Sebulon Jismaja, seun van Obadja.Naftali Jerimot, seun van Asriël.

20. Efraim Hosea, seun van Asasja.Manasse-wes Joël, seun van Pedaja.

21. Manasse-oos Jiddo, seun van Sagaria.Benjamin Jaäsiël, seun van Abner.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 27