Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dit is die lys van Israel se familiehoofde, generaals en offisiere wat die koning gedien het deur die weermagafdelings te lei wat elke maand van die jaar aan diens was. Elke afdeling het vir een maand gedien, en bestaan uit 24 000 soldate.

2. Jasobam, seun van Sabdiël, was bevelvoerder van die eerste afdeling, wat die eerste maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

3. Hy was ’n afstammeling van Peres en was in beheer van al die offisiere vir die eerste maand.

4. Dodai, ’n afstammeling van Agoag, was bevelvoerder van die tweede afdeling, wat die tweede maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling, en Miklot was sy hoofoffisier.

5. Benaja, seun van Jojada, die hoëpriester, was bevelvoerder van die derde afdeling, wat die derde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

6. Hierdie Benaja was in beheer van Dawid se elite militêre groep bekend as die Dertig. Sy seun, Ammisabad, was sy hoofoffisier.

7. Asael, broer van Joab, was bevelvoerder van die vierde afdeling, wat die vierde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. Asael is deur sy seun Sebadja opgevolg.

8. Samhut, die Jisragiet, was bevelvoerder van die vyfde afdeling, wat die vyfde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

9. Ira, seun van Ikkes van Tekoa, was bevelvoerder van die sesde afdeling, wat die sesde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

10. Geles, ’n afstammeling van Efraim uit Pelon, was bevelvoerder van die sewende afdeling, wat die sewende maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

11. Sibbekai, ’n afstammeling van Gusa, was bevelvoerder van die agtste afdeling, wat die agtste maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

12. Abiëser van Anatot, bevelvoerder van die negende afdeling, was die negende maand aan diens. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 27