Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 22:15-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Jy het baie vaardige klipkappers, ambagsmanne in klip en hout, en kunstenaars van elke soort.

16. Hulle is vaardige goudsmede, silwersmede en bewerkers van koper en die yster. Begin nou met die werk, en mag die Here met jou wees!”

17. Dawid het al die leiers in Israel beveel om sy seun Salomo by te staan.

18. “Die Here julle God is met julle,” het hy verklaar. “Hy het julle rus gegee van die omringende volke. Hy het al die inwoners van die land aan my oorgegee, en hulle is nou onderdane van die Here en sy volk.

19. Soek nou die Here julle God met julle hele hart. Bou die heiligdom van die Here God sodat julle die verbondsark van die Here en die heilige voorwerpe van God in die tempel kan bring om die Here te eer.”

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 22