Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:16-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja het drie seuns gehad met die name Abisai, Joab en Asael.

17. Abigal het met ’n man met die naam Jeter, ’n Ismaeliet, getrou. Hulle seun was Amasa.

18. Gesron se seun Kaleb het twee vroue gehad, Asuba en Jeriot. Asuba se seuns was Jeser, Sobab en Ardon.

19. Na Asuba dood is, het Kaleb met Efrata getrou en hulle het ’n seun met die naam Gur gehad.

20. Gur was die pa van Uri. Uri was die pa van Besaleël.

21. Toe Gesron 60 jaar oud was, het hy met Gilead se suster, die dogter van Makir getrou. Hulle het ’n seun met die naam Segub gehad.

22. Segub was die pa van Jaïr, wat oor 23 stede in die land Gilead regeer het.

23. (Later het Gesur en Aram die dorpe van Jaïr, asook Kenat en sy 60 omliggende dorpies as buit geneem.) Hulle was almal afstammelinge van Makir, die pa van Gilead.

24. Kort ná Gesron se dood in die stad Kaleb-Efrata het sy vrou Abia geboorte gegee aan ’n seun wat Asgur genoem is. Hy was die pa van Tekoa.

25. Jeragmeël, die oudste seun van Gesron, se seuns was Ram, die oudste, gevolg deur Buna, Oren, Osem en Agija.

26. Jeragmeël het ’n tweede vrou gehad met die naam Atara. Sy was die ma van Onam.

27. Die seuns van Ram, die oudste seun van Jeragmeël, was Maäs, Jamin en Eker.

28. Die seuns van Onam was Sammai en Jada. Die seuns van Sammai was Nadab en Abisur.

29. Die seuns van Abisur en sy vrou Abihajil was Agban en Molid.

30. Die seuns van Nadab was Seled en Appajim. Seled is dood sonder kinders,

31. maar Appajim het ’n seun met die naam Jisi gehad. Die seun van Jisi was Sesan. Sesan se afstammeling was Aglai.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2