Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 17:2-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Natan het geantwoord: “Gaan voort met wat u in gedagte het, want God is met u!”

3. Daardie selfde nag het God vir Natan gesê:

4. “Gaan sê vir my kneg Dawid: Dit is wat die Here sê: Jy is nie die een wat vir My ’n tempel sal bou om in te woon nie.

5. Vanaf die dag dat Ek Israel uit Egipte gelei het tot vandag toe het Ek nooit in ’n tempel gewoon nie. My huis was nog altyd ’n tent, terwyl Ek van een plek na die volgende gegaan het.

6. Ek het nie een keer teenoor Israel se leiers, my volk se herders, gekla nie, waar Ek ook al gegaan het. Ek het hulle ook nooit gevra nie: ‘Waarom het julle nie vir My ’n pragtige sederhouttempel gebou nie?’

7. “Gaan sê dan vir my kneg Dawid: So sê die Here, die Almagtige: Ek self het jou gekies om my volk Israel te lei toe jy nog maar in die veld skape opgepas het.

8. Ek was met jou waar jy ook al gegaan het, en Ek het al jou vyande vernietig. Nou gaan Ek jou ook nog deur die hele wêreld beroemd maak!

9. En Ek het ’n permanente blyplek vir my volk Israel gegee en hulle daar gevestig, ’n veilige plek waar hulle nie langer gepla sal word nie. Dit sal hulle eie land wees waar bose nasies hulle nie soos in die verlede kan verdruk nie,

10. selfs toe Ek rigters aangestel het om oor my volk te regeer. Ek sal al jou vyande onderwerp. “Ek verklaar nou vir jou dat Ek, die Here, vir jou ’n huis sal bou, ’n koningshuis.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 17